In Terug na Kolkbaai keer Hannelore ná elf jaar na dié vissersdorpie terug. Baie van haar ou kennisse is nog daar... tot haar spyt. Dit sluit in die een mens wat sy nié wil sien nie: Oloff Bernardi, aan wie haar hart behoort het in hul teerder jeug.
Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike geneesheer, en dis hier waar haar groot belangstelling in die geneeskunde ontstaan het. Verskeie van haar verhale het dan ook ¿ hospitaal as milieu. Deesdae woon sy op Mosselbaai.