|
Francis Galloway doen navorsing op die terrein van boekgeskiedenis en uitgeweryondersoek. Sy is die redakteur van die afdeling geesteswetenskappe van LitNet Akademies. Gedurende haar loopbaan was sy 'n dosent in Afrikaanse letterkunde en in uitgewerswese; 'n navorser van die Suid-Afrikaanse literatuursisteem en 'n akademiese uitgewer. Sy is die samesteller of skrywer van oorsigte en artikels oor die plaaslike boeklandskap.
|