|
Jan Braai is die skrywer van nege topverkoper-resepteboeke wat in verskeie tale vertaal en internasionaal gepubliseer is. Hy is die aanbieder van Jan Braai vir Erfenis, 'n kos- en reisprogram op kykNET. Vir die afgelope 20 jaar vind Nasionale Braaidag op sy inisiatief plaas.
Kobus Galloway het reeds op sesjarige ouderdom begin teken en het ná skool grafiese ontwerp studeer. Hy woon in Kaapstad, waar as hy as illustreerder en ontwerper werk. Hy is die skepper van Idees vol vrees, een van die gewildste spotprentreekse in Afrikaans.
|